Weg!

AFRIKA OP SY BESTE

-

Ons dink dís die toilet in Afrika met die mooiste uitsig

Is dit die toilet in Afrika met die mooiste uitsig? Ons dink so!

Nyiragongo (3 470 m) is ’n aktiewe vulkaan net noord van Goma in die Demokratie­se Republiek van die Kongo. Hierdie is die uitsig van die rand van die hoofkrater af, soos ’n mens verby ’n kleiner krater kyk in die rigting van Goma, wat toegewikke­l is in die vroegoggen­dmis. Nyiragongo is deel van die Albertynse skeurvalle­i, wat op die grens tussen die DRK en Rwanda lê.

Die gebou regs onder op die foto is waar portiere slaap. Toeriste bly in A-raamhutte op die kraterrand, met ’n ontsagwekk­ende uitsig oor die borrelende lawapoel. Dit vat sowat vyf uur om teen die berg op te stap en dit raak baie koud aan die bopunt; vlae sneeu is nie ongewoon nie.

Nietemin, jy het dié uitsig van die toilet af om na uit te sien!

TOAST COETZER

Lees Toast se artikel oor Nyiragongo in Weg #154.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa