Weg!

RUBRIEK

Karre word elke jaar meer gevorderd en veiliger. Maar raak padvat vervelig as gevolg daarvan? Die karre in ons lewens vertel deel van die storie...

- WOORDE JON MINSTER SKETS FRED MOUTON

Hoe goed onthou jy al die rygoed van jou lewe? Jon Minster se nuwe (tweedehand­se) Subaru Outback laat hom ver terugdink

Ek en my vrou, Jess, het onlangs ’n tweedehand­se Subaru Outback gekoop. Dit was ’n winskoop, al het die Outback nie baie kilometers op die klok gehad nie. Ons het meer spasie vir die twee kinders (en al hulle goeters!) gesoek en wou ’n veilige kar kry waarmee ons die langpad met gemoedsrus kan vat.

Die Outback is dit, én meer. Die kar klou aan die pad soos ’n luiperd aan die gorrel van ’n rooibok. Hy het spoedbehee­r en ’n blitsige enjin waarmee jy verby ander ouens kan fluit sodra die pad twee bane word. Hy het gevorderde tegnologie wat jou veilig hou wanneer jy ry. Jy kan selfs die sitplekke warm maak. Weet jy hoe lekker is ’n warm sitvlak as dit 5 ºC buite is terwyl dit sous in die Kaap?

Al hierdie dinge is goed en wel. Maar skielik is daar nie meer drama wanneer ons die pad vat nie. Nóg duurder karre as ’n Outback bied selfs meer: spoedbehee­r, hibriede enjins, blindekolk­ameras, parkeergon­sers en hope ander slim eienskappe.

Een van die dae sal jy seker net jou kar by die muur hoef uit te prop (klaar gelaai), in te klim, die sitplek te stel en ’n uiltjie knip terwyl jou kar self Plet toe ry.

Maar gaan dít pret wees?

My eerste kar was my ma se ou Golfie. En ek het ontvangs daarvan geneem presies twee dae nadat ek my rybewys gekry het – en dieselfde dag wat ek en my vriende op ons matriekvak­ansie vertrek het.

(Vir die rekord: Vandag se karre is dalk veiliger, maar daar’s geen manier dat ek my kinders sal toelaat om van Johannesbu­rg Ballito toe te ry twee dae ná hulle hulle rybewys gekry het nie. Ek kan nie glo my ouers het dit toegelaat nie!)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa