Weg!

11 904

-

Die aantal bladsye van die 156 uitgawes.

In elke uitgawe was daar minstens één plek waar ek en my vrou, Katrien, al was. Ons was nog nooit buite die land se grense nie.

Knysna, my geboortepl­ek, die Tuinroete en Suidwes-Kaap bly maar ons gunsteling­vakansiepl­ekke. Ons het ook die R62-roete platgery – met behulp van ’n bylae oor die streek by die Maart 2006-uitgawe.

Ons is gaande oor bergpasse en onbekende agterpaaie. Sedert my aftrede 22 jaar gelede het ek en Katrien al meer as 90 passe, klowe en poorte gery.

Ons geniet Toast, Erns, Sophia en die ander skrywers se vertelling­s. Ek herlees dit baiemaal – én herleef die natuurskoo­n!

Sonder Weg se toegewyde redaksione­le span sou ons vakansies maar bra rigtingloo­s gewees het! Ons vertrou dat Weg nooit sal “wegraak” nie!

FERES KÖMMER, Springs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa