Weg!

Los die broodbome in Mosambiek

-

Ek het dié foto van jong seuns wat groot broodbooms­ade en klein broodboomp­ies verkoop, geneem op die kusdorpie Macaneta noord van Maputo.

Die seuns sou nie die plant verkoop het as daar nie ’n mark was nie. En wie is die mark – dit kan tog sekerlik net Suid-Afrikaners wees?

Ons weet tog dis onwettig om handel te dryf met broodbome, en dis mos nie reg om misbruik te maak van die plaaslike mense se entoesiasm­e om besoekers tevrede te hou nie en ’n bietjie geld te maak nie?

My punt is: Besoekers aan ’n land moet daardie land se reëls en sy mense respekteer. Ek wil welkom voel waarheen ek ook al reis – en dit kan net gebeur as die Suid-Afrikaners wat voor my daar was, hulle gedra!

DAPHNE HAMILTON, Mooinooi

WYNAND VAN EEDEN, redakteur van Encephalar­tos, joernaal van die Broodboom vereniging van Suid-Afrika, antwoord: Dis die saadkeël van Encephalar­tos ferox. Hierdie spesie mag nie tussen lande vervoer word sonder die nodige CITES-dokumentas­ie en ’n vervoerper­mit van die plaaslike natuurbewa­ring s owerhede nie.

Dis waarskynli­k Suid-Afrikaners wat die plante versamel. Die meeste mense dink hulle “red” die plante of help bewaring deur dit te koop en weer aan die groei te kry.

Wat hulle eintlik doen, is om seker te maak die stroom onwettige plante bly vloei en soms toeneem – totdat niks oor is in die veld nie. Die plunderaar­s skuif dan eenvoudig na die volgende bevolking totdat dit ook uitgeroei is.

Uit ’n bewaringso­ogpunt raai ek besoekers ten sterkste af om die sade of plante te koop. ’n Veel groter ongeluk mag die kopers tref indien hulle op die grens betrap word met sulke plante.

Ons nuwe wetgewing aangaande bedreigde spesies maak nou voorsienin­g vir veel strawwer boetes en tronkstraf indien jy met sulke plante betrap word.

Geniet en neem foto’s van die plante in hulle habitat, maar los hulle daar. Dié plante is goedkoop en beskikbaar by spesialis kwekerye in Suid-Afrika. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa