Weg!

Tanganjika toe in die tagtigs

- RINUS VAN DER SLUYS, Paarl

Nadat ek die storie oor die Tanganjika­meer gelees het in Weg se September-uitgawe, het ek my ou album nader getrek. In 1986 het ek en drie vriende, Willem Blommaert, Christie Mocke en Fritz Smit, langs die Tanganjika­meer gaan visvang. Ons het gevlieg tot in Lusaka en agt padblokkad­es later in die nag by Ndolebaai aan die suidpunt van die meer aangekom. In daardie stadium was vier wit jong Suid Afrikaners nie algemene toeriste in die geweste nie, en is ons by elke padblokkad­e met redelike agterdog bejeën.

Ons het ook gebly in Nkambabaai en Kasababaai en tien dae lank groot Nylbaars en ’n soort kurper uitgetrek. Die meer was ongerep met karige infrastruk­tuur. Ons het gebly in gastehuise wat verlate maar skoon en netjies was.

Ons het ná ons vakansie nie weer kans gesien vir die padblokkad­es nie en besluit om van Kasababaai af Lusaka toe te vlieg, oor Kasama, Ndola en Kabwe. Jy kon nie plek bespreek nie en daar was ’n lang ry mense wat die vliegtuig, met net 40 sitplekke, volgemaak het.

Ons was gelukkig om met die hulp van ’n plaaslike grootwildj­agter voor in die ry ingedruk te word. Met die opklim word ons só gegroet: “Welcome on board Zambian scare ways, we hope you enjoy your fright”!

Mense en draadhokke met hoenders het in die paadjie gestaan in die propvol vliegtuig. By Kabwe moes ons afklim sodat die vliegtuig brandstof kon kry, en ’n 20 liter-drom met olie in die een enjin – die een kant van die vliegtuig was pikswart soos dié olie gemors het.

Die bostaande is ’n kort weergawe van al die avonture wat ons beleef het. Ek het Zambië al verskeie kere besoek – dis regtig ’n onontdekte juweel van ’n land.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa