Weg!

Gee die Kgalagadi ’n kans

-

Ons is getroue wildtuin besoekers en was maar skepties oor die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Wat kan nou so wonderlik wees aan ’n halfwoesty­n? Maar ons wou darem een keer in ons lewe daar uitkom.

Ná twee weke in die park keer ons terug – die einde het gans te gou aangebreek! Ons was gaande oor die uitgestrek­te landskappe, die sonsopkoms­te oor die springbokv­laktes en dieporanje sonsonderg­ange oor die omliggende duine en die lowergroen kameeldori­ngbome in droë rivierlope.

Die foto is geneem op die pad van die Nossob-ruskamp na Unieeinde – ons het dié dag vier leeus gesien – twee by die Unie-eindewater­gat en nóg twee by die Kwang-watergat. Op die foto smul Ta aan ’n “fingerlick­in’ good” Kgalagadi-springbok.

Die Kgalagadi het ons oorrompel. Ons kan nie wag om die Land van die Groot Dors weer te besoek nie.

HANSIE EN SUSAN VAN RENSBURG, Langkloof

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa