Weg!

Vat dit stadig!

- CLAIRE BOTHA, Isando

Daar is nou maar eenmaal net geen ander plek soos die Krugerwild­tuin nie. Ons het onlangs in die Onder-Sabie-ruskamp gebly.

Vroegoggen­d wag ons in die ry by die hek, elkeen met ’n warm koppie koffie. Ons roetine is om soveel as moontlik te sien op ons “kort” vroegoggen­dritte wat gewoonlik sowat 10 tot 12 uur duur!

Maar dié keer het ons gebly in die deel van die park waar ons gewoonlik probeer uitkom, en besluit om vir ’n slag stadig te kruie. Nes die hekke oopgemaak het, het die mense verby ons gery om eerste iewers te wees. Ons het stadig al langs die Sabierivie­r gesuiker na die kol waar ons die vorige dag ’n leeuwyfie en welpies gesien het. Verskeie voertuie het voor ons verby gejaag.

En toe sien ons hulle, reg langs die pad: drie leeuwelpie­s. Dis die jongste welpie wat ek in 20 jaar se Krugerbeso­eke gesien het. Daar was net twee ander voertuie en ons kon rustig na die kleintjies kyk totdat hulle weer in hulle lêplek verdwyn het.

Die Kruger het my al baie dinge geleer, maar die waardevols­te les is: ry stadig in die park!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa