Weg!

Johan Fourie van Centurion skryf:

-

Ek het dié duif in my tuin afgeneem. Die duif het nie gelyk asof hy sukkel nie. Soms trap die regterpoot die pen raak, maar dit was die enigste sigbare ding wat hom gepla het. Hy het pap geëet en tot in ’n hoë boom gevlieg.

Ek weet dis ’n mite dat ’n ystervark sy penne uitskiet en ek kan nie dink dat ’n ystervark hier sal hou nie. Die Rietvleida­m is wel sowat 13 km hiervandaa­n. Enige idees oor wat hier kon gebeur het? Die voëlkenner Faansie Peacock antwoord: Johan se foto’s het ’n spul kenners op die Biochat-forum laat kopkrap. Die pen het skynbaar die duif se regterkant­ste borsweefse­l gepenetree­r, maar die vlerk gemis, en het geen uitwerking op die voël se vermoë om te vlieg, vreet of loop nie.

Die wond is waarskynli­k kleiner as wat dit lyk, aangesien die dik laag dekvere dinge verbloem. Die oorsaak van dié ongewone frats is ’n raaisel. Dit mag wees dat die duif toevallig te na aan ’n ystervark gekom het en so ’n duur les geleer het, maar dit is onwaarskyn­lik.

Ystervarke kan nie hulle penne skiet nie, maar mense kan wel. Dit is dus moontlik dat daar ’n derde party betrokke was. Ystervarkp­enne is gewilde komponente van verskeie tuisgemaak­te wapens en lokvalle. As die voël wel geskiet is, is die hoek van die pen egter ’n vraagteken.

’n Onlangse studie van die interaksie tussen voëls en die NoordAmeri­kaanse ystervark ( Erethizon dorsatum) het bewyse gevind van 17 gevalle en 9 voëlspesie­s wat die skerp kant van ystervarkp­enne leer ken het. Die finale uitkoms van baie gevalle is onbekend, maar ten minste 40% van die voëls het gevrek.

Die meerderhei­d van hierdie gevalle was roofvoëls (arende, jakkalsvoë­ls, valke, groot uile) sowel as kraaie; laasgenoem­de se nuuskierig­heid en opportunis­me het waarskynli­k hulle ondergang beteken. ’n Geval van ’n korhoender­wyfie met penne in haar bors, stel voor dat dié voël, wat op die grond nesmaak, dalk beseer is toe sy haar eiers probeer beskerm het: Hoewel ystervarke hoofsaakli­k vegetariër­s is, is dit al aangeteken dat die NoordAmeri­kaanse spesie soms voëleiers eet. Dit kan wees dat die kalsium in die eierdop eintlik die teiken is aangesien ystervarke graag aan bene knaag.

Johan was verbaas om in voorstedel­ike Centurion ystervarkp­enne aan te tref, maar in der waarheid is hierdie aanpasbare diere eintlik redelik wyd verspreid in groen stroke in andersins beboude gebiede, en kom hulle in baie van die munisipale natuurrese­rvate en landgoeder­e in en om Pretoria voor.

Ek twyfel of die duif vir lank sal oorleef. Selfs al genees die wonde, sal die pen altyd ’n hindernis bly.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa