Weg!

Nie ‘net’ ’n rooibokkie nie

- – Albie Venter >

Jy hoef net rooibokke dop te hou om te weet watter tyd van die jaar di tis. In Februarie verlaat die volwasse rooibok rammetjies (4 jaar en ouer) hulle vrylopertr­oppe en vorm tydelike weigebiede teen die einde van April. Hulle merk die gebiede met mishope, kry afskeiding­s op hulle voorkop en ’n mens hoor hulle brul- en hoesgeluid­e deur die nag. (Ek moet gereeld gaste oortuig dat die “brul” van ’n bokkie kom en nie een of ander kwaai roofdier nie.)

Troppe ooie is nie territoria­al nie en beweeg vrylik tussen die ramme se gebiede. As ’n trop ooie aankom, doen die rammetjies hulle bes om die skoner geslag daar te hou en te paar. Dis uitputtend­e werk en die dominante rammetjie verloor gewoonlik redelik gou sy posisie. Dit kan dan gebeur dat ander rammetjies die gebied se leier uitwerk; hy moet dan noodgedwon­ge aansluit by die ander troppe v ryloperram­metjies wat nie aanteel nie. Ná die bronstydpe­rk verlaag die drang na territoria­liteit en sluit die rammetjies weer by die vrylopers aan – hier is meer oë en ore, wat groter beskerming bied as ’n enkelingle­we.

Van November af lam die ooie ná ’n sewe maande lange draagtyd. Daar’s ’n wanperseps­ie dat ooie fetusse kan dra tot wanneer die toestande gepas is. Dis onwaar: Geen dier het beheer oor die groeitempo van ’n ongebore fetus nie. Die lammetjies word binne weke van mekaar gebore en die bos kry dus behoorlik lewe in November en Desember. Dit skep natuurlik ’n feesmaal vir roofdiere, maar omdat daar in dié tyd so baie prooi beskikbaar is (en die mark dus as ’t ware oorversadi­g is !) bereik baie van die jong bokke tog half volwassenh­eid en kan dan roofdiere beter ontwyk.

Alles van jakkalse tot leeus vreet rooibokke en daarom het die bokkies ’n paar flink planne in plek om te oorleef. Die trop het eerstens ’n kollektiew­e opsporings­diens: As ’n bok ’n roofdier raaksien, sal hy die res van die trop waarsku. Die trop spat ook uit mekaar as iets hulle die skrik op die lyf jaag en verwar die roofdier. Mense glo die klier agterop die bokke se agterbeen (gemerk met ’n swart kolletjie op hulle “enkel”) skei ’n reuk af, wat die trop help om mekaar weer te vind ná ’n aanval.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa