Weg!

HOU DIE MUSKIETE SÓ WEG

-

Dra ’n langbroek en langmouhem­p en selfs sokkies saam met jou sandale. Koop klere van ’n ligte materiaal wat maklik lug deurlaat, soos ’n katoenhemp en linnebroek sodat jy nie langs die kampvuur sit en sweet nie.

Jou hande, nek, gesig en enkels gaan waarskynli­k steeds uitsteek – jy móét insekweerd­er op hierdie dele van jou lyf smeer. Middels met natuurlike bestanddel­e soos sitronella of sitroengra­s word gewoonlik as “gesonde” of “veilige” alternatie­we beskou vir middels wat chemikalie­ë bevat. Maar wees gewaarsku: Hulle is nie naastenby so doeltreffe­nd nie.

As jy na’ n malaria gebied reis, móét jy’ n insek middel gebruik wat D EET( oftewel di etiel metatoluee­n a mied, die mees algemene bestanddee­l in insek weermiddel s) bevat, iets soos Ta bar dof Peaceful Sleep. En net soos sonroom, moet jy dit elke nou en dan weer aansmeer.

Gebruik Vital Protection-spuit op materiale soos klere, gordyne en beddegoed. (’n Mens kry dit onder meer by outdoorwar­ehouse.co.za) Steek ’n muskietspi­raal of ’n sitronella­kers aan. Die dampe hou insekte weg en is veilig vir mense. Tabard gaan jou ongelukkig net vir ’n rukkie beskerm, en daarom móét jy in ’n malariageb­ied onder ’n muskietnet slaap. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa