Weg!

’N WITGATBOOM NABY STOCKPOORT, LIMPOPO

- – Toast Coetzer

Jy’s pas terug in Suid-Afrika ná ’n bakgat vakansie in Botswana, met die immigrasie­beampte se ink wat nog droog word in jou paspoort. Stockpoort is een van daardie klein grensposte in Limpopo waar jy gewoonlik sonder drama deur die grens kan glip. Dis min dat dit lekker is om deur ’n grenspos te gaan, maar by Stockpoort is dit lékker!

Maar hoekom nou haastig wees terug na die gedruis van Gauteng? Gelukkig verskyn dié huishoogte witgatboom vinnig op jou linkerhand soos jy die teerpad volg in die rigting van Lephalale. En hier’ s wraggies’ n piekniek tafeltjie ook–bonus!

Trek af in die padreserwe en drink daai laaste louwarm koffie wat jy vanoggend nog daar by Woodlands Stop Over anderkant Francistow­n gemaak het. Drink dit stadig, uit ’n blikbeker. Grawe in die kar onder die sitplek vir ’n verdwaalde Romany Cream.

Geniet vir oulaas die bosveld rondom jou. Oop Van eerste tot laaste fisanteroe­p Waar? Sowat 18 km oos van Stockpoort langs die R510 G PS S 23.39478 E 27.48051

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa