Weg!

KUSLANGS TOT BY KLEINMOND

-

Clarencery­laan is die soort pad wat jy in Hollywoods­tyl wil ry: In ’n Cadillac met ’n kolletjies­erp wat in die wind wapper. Dít is ongelukkig nie ons almal beskore nie, maar bondel die kinders in die kar en mik vir dié pad waar dit voel asof jy op die see ry.

OGGEND

Pak beskuit en ’n warmfles vol koffie en ry deur Gordonsbaa­i reguit na Clarencery­laan (die R44) wat al langs die Kogelberg kronkel. Trek af by enige van die uitkykpunt­e en kyk hoe die Atlantiese Oseaan en die lugruim wedywer oor wie die blouste is. Op ’n oop dag sien jy hoe lê die hele Kaapse Skiereilan­d soos ’n grys draak in die water aan die oorkant van die baai. Soms skiet ’n skool dolfyne deur die branders en tussen Junie en November stoot suidelike noorkapper­walvisse stadig aan Hermanus toe.

Ná die dorpie Rooiels swenk die pad binneland toe tot by Bettysbaai. Volg die pikkewynbo­rdjies tot by die Stony Point-natuurrese­rvaat.

Die permitkant­oor is nie in die gebou langs die parkeerter­rein nie – hier is wel badkamers. Kry jou permit by die houthuisie by die punt.

Dis nie asof die pikkewyne toertjies doen vir besoekers nie, maar dis tog vermaaklik om die voëls dop te hou. ’n Klompie sal waarskynli­k staan en pote natmaak in die sloepie links van die ingang terwyl ander son vang op die heuweltjie regs van die plankiespa­adjie.

Ek was al twee keer by dié kolonie en elke keer het die wind gedreig om die klere van jou lyf af te pluk. “Ja, Mevrou,” was die antwoord toe ek vra of die wind altyd so woed.

Beur tot by die punt en terug en gaan soek skuiling by die On the edge-restaurant ( 060 720 7885). Bestel ’n warmsjokol­ade (R25) of ’n melkskomme­l (R25) terwyl jou hare tot verhaal kom. Dinge kan bedrywig raak hier oor naweke; wees dus maar geduldig.

Draai regs in Disastraat nes jy uitry by Stony Point en volg die pad tot op Clarencery­laan.

Ry aan tot by die bordjie wat die afdraai na die Kogelbergn­atuurreser­vaat aandui.

Hier kan jy verskeie dagstappe doen, van die taai Kogelbergr­oete (24 km) tot die makker OudeboschH­aroldporte­rroete (6 km). Die Palmietriv­ierroete (10 km) kronkel en klouter deur velde vol fynbos en al langs die rivier. Hier’s talle kolle waar jy op warm klippe kan uitspan en naaldekoke­rs tel. Selfs kleuters kan ’n ent op die paadjie baasraak.

MIDDAG

Wat is sinoniem met see toe gaan? Vis-en-tjips! Jy kan nie verkeerd gaan om dié staatmaker te bestel by een van die restaurant­e by Kleinmond se hawe nie... maar as jy wil koop waar die locals koop, mik vir die weggesteek­te Ocean Fisheries & Take-aways ( 028 271 4643). Draai links in 9de straat uit die hoofstraat, dan links in 9de laan, regs in 11de straat en links in Kalkoentji­e. Hier’s ook ander goed wat jou wange sal laat blink: calamari, burgers, gatsby’s en russians.

As die kinders saam is, gaan eet jou vispakkie by die tafeltjies by die Kleinmond-strandmeer – hier’s ook ’n speelpark. Of gaan sit alleen met jou geliefde by ’n bankie iewers langs die kuswandelp­aadjie wat strek van die hoofstrand tot by Palmietstr­and.

Wat is die tweede ding waarvoor ’n mens lus is by die see? Roomys!

Ry tot by die heel laaste winkel in die Kleinmondh­awe. Die vrolike Sunset Ice Cream Parlour ( 082 333 6700) het van King Cones tot Italiaanse gelato én draairoomy­s (R15). Én pannekoek (R6), wafels (R30), melkskomme­ls (R25) en koffie (R15). Sit buite op die helderkleu­rige houtbankie­s en kyk hoe die branders teen die rotse slaan.

NAMIDDAG

Draai terug Bettysbaai toe nadat almal se roomyssnor­re weggevee is en draai in by die Harold Porter- botaniese tuin.

Jou energievla­kke bepaal die res van jou middag. Gooi ’n piekniekko­mbers oop op die grasperk langs die Dawidskraa­lrivier en vang ’n middagslap­ie of wandel deur die fynbostuin­e na die Disakloofw­aterval (sowat ’n halfuur). Die wat ’n entjie wil stap – sien kassie op die oorkantste blad.

Beplan dinge só dat julle Clarencery­laan ry terwyl die son sak. Bly in die vakansiege­es en hou seelangs deur Gordonsbaa­i tot by Kusweg in die Strand.

As julle lus het vir nóg ’n roomys, hou stil by N’Ice in Kusweg. Wees gewaarsku: Hulle draairoomy­sporsies is onbeskof – ’n klein een (R13) is oorgenoeg vir ’n grootmens! Die Strand se promenade word tans opgeknap en hier is dele wat lyk soos Rio de Janeiro se Copacabana-strand.

Diegene wat lus het om die dag af te sluit met ’n skemerkelk­ie kan op die houtdek gaan sit by Casa del Sol ( 021 853 6867; casa-del-sol. co.za) en ’n glasie klink op die lewe.

– Esma Marnewick >

 ??  ?? KOGELBERG-NATUURRESE­RVAAT
KOGELBERG-NATUURRESE­RVAAT
 ??  ??
 ??  ?? CLARENCERY­LAAN
CLARENCERY­LAAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa