Weg!

HALLO, TARZAN

-

Avontuurlu­stige gesinne kan hulle ratsheid toets by Acrobranch. Ry noordoos op die Hoofweg (M63) tot by die parkeerter­rein aan die bokant van Constantia­nek (by die sirkel). Hier is drie hindernisb­ane wat in die lug hang: Acrotwigs vir kinders tussen 3-6; Monkey Moves vir dié wat ouer as 7 jaar is; en Swinging Tarzan vir kinders én grootmense ouer as 10. Hou jou lyf langarmaap oor en deur vragnette, glykabels en vate. Koste Acrotwigs R110 p.p.; Monkey Moves R160; Swinging Tarzan R220. Kontak 086 999 0369; acrobranch.co.za Wat nog? As die geswaaiery jou honger laat, kry ’n tafel by Harbour House ( harbourhou­se.co.za) of La Parada ( laparada.co.za) net langsaan.

 ??  ?? ACROBRANCH
ACROBRANCH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa