ONTMOET ’N VAKMAN
As die weer goor is, loer in by die Harvest Centre langs die Bay Harbour Market en kyk na ’n ongelooflike versameling handgemaakte kunswerke van hout, klip en metaal. Stap rond en ontmoet die kunstenaars en vakmanne in hulle werkwinkels.
Jy kan nie Robin Kutinyu ( rugarearts.com) se enorme brons- en klipbeelde miskyk nie – ook nie die byderwetse skrootmetaalskeppings van die broers Mambakwedza and Chenjerai Mutasa nie. Próé die vakmanskap by die Urban Brewery ( 021 791 1130; urbanbrewery.co.za). Probeer The Monkey’s Paw Pilsner of SS Maori Dry Cider. Kontak Helena Fagan 082 784 5054; helena@fagan.co.za;
houtbayharvestcentre.com