Weg!

DALENE HATTINGH

-

Canon EOS 500D Canon 18-55 mm-lens

TOAST SÊ: Dalene en haar man, Frik, is van Hazyview in Mpumalanga. Frik is nie eintlik ’n ou vir skoene dra op vakansie nie en gelukkig was die sand van Botswana net die plek om weer soos ’n kind sonder skoene rond te stap.

Op ’n toer deur Botswana besoek jy noodgedwon­ge ook dorpe – hierdie is in Maun geneem. Maar ook hier is fotogeleen­thede vir die wakker reisfotogr­aaf.

Ja, jy is dalk hier om foto’s van visarende en leeus te neem, maar die donkies langs die pad vertel ook ’n Botswana-verhaal.

Dalene se sluiterspo­ed van 1/400ste van ’n sekonde was vinnig genoeg om die effek van enige onverwagte vinnige beweging van die donkie (wat is die kans!) of perde te beperk. Maar gelukkig het hulle geduldig geposeer.

Die lig in die agtergrond is baie helder, maar Dalene het die beligting op die regte plek (die skaduwee van die boom, daar waar Frik staan) geneem. Hoewel die karre op die pad agter die boom jou aandag aftrek, is dit ’n oulike reisfoto wat die kleinkinde­rs by die huis gaan laat giggel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa