Weg!

FERDINAND KIDD

-

Nikon D7100 Nikon 18-300 mm-lens

TOAST SÊ: Geelbekneu shoringvoë­ls is ’n hanse lotjie. Hulle laat hulle nie twee keer nooi nie; as jy weer kyk, dan hop hulle hier naby jou kampstoel rond en kyk jou so koponderst­ebo aan asof jy ’n Marsman is wat hier in hulle midde geland het.

In Botswana het elke kampplek sy geveerde inwoners: spreeus, fisante, katlagters en kwêvoëls kom kuier gereeld. Daarom is dit belangrik om nie jou kamera weg te pak wanneer jy in die kampterrei­n is nie. Dis dan jou kans om goeie foto’s van die kampkarnal­lies te neem.

Jy kan maar net op een plek stil sit – die voëls sal gewoond raak aan jou teenwoordi­gheid en al nader beweeg.

Ferdinand het hierdie mooi foto in die Khama Rhino Sanctuary net noord van Serowe geneem. Ek hou van die karvenster wat die boom se takke in die agtergrond weerkaats. Die karvenster verskaf ’n ongewone “raam” waarbinne die voëls sit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa