Weg!

JACQUES DU PREEZ

-

Canon EOS 760D Canon 18-135 mm-lens

TOAST SÊ: Dis belangrik om nie van die klein dingetjies te vergeet nie. Jy sien nie elke dag olifante wanneer jy deur Botswana toer nie; kyk ook wat hier by jou voete aan die gebeur is. Dalk is daar ’n duisendpoo­t aan die verbykatro­l, of ’n toktokkie aan die tok.

Jacques het dié foto by die kampplek naby die Tsodiloheu­wels geneem. Ons groep wou sonson dergangfot­o’s neem toe ons op hierdie toneel afkom: Geel skoenlappe­rs wat in die klammighei­d van die wielspore baljaar.

Dis belangrik om so laag as moontlik te probeer kom wanneer jy gediertes op die grond afneem. Moenie lui wees nie: Gaan lê plat op jou maag om die beste perspektie­f te kry. Sit op jou hurke as jou skarniere nie meer so goed werk nie.

Hierdie foto se sterkpunt is die kontras tussen die geel skoenlappe­rs en die donker grond. Die fatsoene van die skoenlappe­rs en hulle fyn beentjies laat jou lank na die foto kyk. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa