Weg!

Borrels vir die feestyd

- – Cathy Marston

Desember is daardie tyd van die jaar wat vra vir vonkelwyn: dis vir baie van ons vakansie, die son skyn en die strand roep. Hier is drie goeie vonkelwyne vir die feestyd – een vir elke begroting. Rietvallei John B Chardonnay Brut Bubbly 2016 (R65) is vanjaar my staatmaker-partytjiew­yn. Die prys is nommerpas (wat beteken ek kan baie koop!) en dit word van chardonnay druiwe gemaak wat die wyn heelwat vars suurlemoen­geur gee. Dis leker droog en word in ’n vars styl gemaak wat die klem op die vrugtighei­d lê. Dit sal goed werk saam met lemoensap of perskenekt­ar vir ’n Buck’s Fizz- of Bellini-drankie saam met laatontbyt.

Sauvignon blanc is tans hoogmode en daar’s ’n paar goeie vonkelwyn-weergawes waarmee jy dié somer kan feesvier. Een hiervan is die Steenberg Sparkling Sauvignon Blanc (R120). Dit word in die Méthode Cap Classique (MCC)-styl gemaak, wat ’n tweede fermentasi­e in die bottel behels. Die wyn bring egter nie te veel tyd in kontak met die dooie gisselle deur nie en bly dus vars en sappig, met ondertone van suurlemoen, lemmetjies en krakerige groen appels. Drink dit saam met ’n slaai met gerookte salm of sushi, of sit op ’n sonnige dag buite en teug daaraan.

As jy op soek is na ’n vonkelwyn wat propvol geur en borrels is, probeer die Avondale Armilla Blanc de Blanc 2010 (R260). Dit word gemaak van chardonnay wat 100% organies gekweek word en het ’n volle vyf jaar op die afsaksels deurgebrin­g. Dit gee die wyn laag op laag van souterige smake met ’n nasmaak wat lank talm: Dink aan Marmite, oestersap en geroosterd­e brioche. Mense vergeet dikwels dat vonkelwyn ’n goeie pasmaat is vir kos. Hierdie een het genoeg om die lyf om ryk geregte soos seekos, varkvleis en eend te hanteer – ’n elegante toevoeging tot enige partytjie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa