Weg!

AT RIVER’S EDGE, STANFORD

-

Oos, wes, tuis, bes... dis wat hulle sê, maar sjoe, hierdie ruim selfsorghu­is langs die Kleinrivie­r in Stanford voel darem báie soos ’n tuiste.

At River’s Edge is in ’n stil straatjie noord van die hoofstraat. Jy parkeer jou voertuig op ’n oop stuk gras aan die oorkant, swaai die blougroen houthekkie oop en stap in by die geel huis.

Die huis is keurig gemeubilee­r en vol mooi goed (hier’s selfs Le Creuset-koffiebeke­rs!) En hier is gawe ekstras soos ’n skottelgoe­dwasmasjie­n, wasmasjien en ’n TV (met DStv) as die kinders Paw Patrol wil kyk.

En het ek al genoem hier’s ’n groot stoep met ’n braaiplek, ’n ruim grasperk én ’n swembad!

Die tuin is propvol voëls – glasogies baljaar in die olyfbome en die suikerbekk­ies tjirp sonder ophou. Gaan stap ’n ent langs die rivier vir watervoëls soos rooireiers en grootkonin­griethane – jy sal dan ook sien net sowat twee huise stroomaf is ’n oop kol gras waar julle kan uitspan langs die rivier. Waar bly ek? Hier is slaapplek vir agt mense. Op die onderste verdieping is twee dubbelkame­rs, waarvan een en suite is, en ’n kamer met ’n stapelbed vir die kinders. ’n Steil trap lei na ’n derde en suite-dubbelkame­r met ’n hemelbed, pootjiesba­d en stoepie. (Dêps hom!) Wat kan ek hier doen? Behalwe om op die stoep te sit en jou te verbeel jy’s op die Franse platteland?

Snuister in Stanford se winkeltjie­s ( 028 3410 340; stan fordinfo.co.za) of proe boetiekbie­r by die Birkenhead-brouery ( 028 341 0013; walkerbaye­state.com) of kaas by die Kleinriver-plaas 7 km buite die dorp ( 028 341 0693;

kleinriver­cheese.co.za). Wat pla? Daar kom nie baie son in die leefvertre­k nie – dus is die huis heerlik koel in die somer, maar dit kan koud en donker wees in die winter – gelukkig is hier ’n groot kaggel. Koste Vanaf R2 800 p.n. oor ’n naweek buite seisoen (minimum 2 nagte) tot R5 350 p.n. in die spitsseiso­en (minimum 14 nagte). Kontak 073 819 5472; capestay.co.za/atriversed­ge

– Esma Marnewick

 ??  ?? DIE GROOT ONTSPAN. Hierdie selfsorghu­is op die oewer van die Kleinrivie­r het alles wat jy nodig het vir ’n gerieflike naweek weg: kaggel, swembad en ’n braaiplek – bring net jou eie kajak om op die rivier te roei.
DIE GROOT ONTSPAN. Hierdie selfsorghu­is op die oewer van die Kleinrivie­r het alles wat jy nodig het vir ’n gerieflike naweek weg: kaggel, swembad en ’n braaiplek – bring net jou eie kajak om op die rivier te roei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa