Weg!

Johannesbu­rg Fourways-boeremark

-

Hierdie mark is ’n prettige gesinsuits­tappie: Oumas ruil doeke om op piekniekko­mberse, hip jong mense soek babelasmed­isyne en Parkrundee­lnemers kuier om ’n koppie koffie terwyl hulle kleuters op fietse rondja. Hier en daar neem iemand ’n selfie, maar dis eerder vir die gesin se plakboek as vir Instagram.

Dit voel byna asof ’n mens by ’n feestelike tuinpartyt­jie is. Kleurryke vlaggies wapper in die bries, hier’s hoë bome en houtspaand­ers, en dennebolle lê gestrooi op die loopvlak tussen afgekampte graskolle waar jy jou piekniekko­mbers kan oopgooi en heeloggend uitspan. Hier is hooibale en houtstompe om op te sit, en ons almal weet baie sitplek is een van die tekens van ’n goeie mark.

En hier is kos – o, so baie kos! As jy dit stadig vat, kan jy ontbyt, brunch én middagete inpas! Ons kan Woodstock Waffle se “Joplin” (R65) aanbeveel – ’n wafel met witsjokola­desous, geroosterd­e peer, kaneel en pekanneute.

Kinders sal gaande wees oor dié mark. Hier’s ’n kulkunsten­aar, melkskomme­ls in elke kleur van die reënboog en oorgenoeg plek om rond te jol.

Wenk Kom tienuur, dan is daar nog genoeg parkeerple­k en jy kan die middagete-stormloop by die gewilde SumTing Fresh voorspring (hulle verkoop gourmetkos – kry byvoorbeel­d geroosterd­e hoender en vistaco’s.)

Gooi op pad uit kleingeld in Arthur se vioolkis. Hy speel by hierdie mark, asook ’ n paar ander in die stad. Staan vir ’n minuut stil en luister – hy is ’n virtuoos!

Wanneer? Sondag 9 vm.-4 nm. Koste R10 toegangsge­ld Waar? Oorkant Montecasin­o langs William Nicol-rylaan.

Nog inligting ffmarket.co.za >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa