Weg!

Bryanston- organiese mark

-

Hierdie mark is op twee maniere organies: Dit was een van Johannesbu­rg se eerste markte – lank voordat Saterdagma­rkte mode was – en hier’s heelwat kos waaaraan jy met ’n skoon gewete kan smul.

Probeer een van Raw Wizard se streng vegetaries­e produkte (van suurkool tot smeerkaas gemaak van neute) of gaan groet vir Dalia Tzror – ook bekend as Mrs Bread Care, die naam van haar broodreeks – wat al twee dekades ’n stalletjie by die mark het. Proe een van haar glutenvrye brode en jy sal sien: Sy ken van!

Die stalletjie­s is semi-permanent en het dakkies, wat beteken dié mark is een van die beste opsies op ’n reënerige Saterdagog­gend in die somer. Dit verander ook die gevoel hier: Dit lyk asof almal mekaar ken en baie mense kom vul weekliks hulle voorraad aan. Bring vir Wagter saam as hy aan ’n leiband is.

Die mark werk met ’n slim sentrale kasregiste­rstelsel. Loop jou rondes en elke stalletjie-eienaar gee jou ’n faktuur. Vat jou fakture na een van die kasregiste­rpunte en betaal met kontant, kaart of SnapScan en gaan dan terug na die stalletjie toe met jou gestempeld­e faktuur om jou aankope te kry. (Party stalletjie­s het bordjies wat wys hulle aanvaar kontant; hier is nie ’n OTM nie.)

Koop of probeer dít Baie stalletjie­s verkoop handgemaak­te produkte en klere van ’n hoë gehalte. Wees op die uitkyk vir Chappy Holtzhause­n se mooi handgemaak­te penne en sout- en pepermeule van hout. En moenie huis toe gaan voordat jy ’n koppie chai-tee gedrink het by Meera’s vir net R10 nie – dis die geurigste tee wat ek nog buite Indië gedrink het.

Wanneer? Donderdag, Saterdag en openbare vakansieda­e: 9 vm.-3 nm. Hier is ook maanligmar­kte rondom die Kerstyd.

Waar? Culrossweg 40 (draai van Hoofweg af) in Bryanston, by die Michael Mount Waldorf-skool.

Nog inligting 011 706 3671; bryanstono­rganicmark­et.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa