Weg!

Johannesbu­rg: Rosebank-Sondagmark

-

’n Mark op die vyfde verdieping van ’n parkeergar­age klink dalk nie baie aanloklik nie, maar dié mark sal jou verras. En omdat dit in ’n winkelsent­rum is, kan jy sommer jou weeklikse inkopies doen of ’n fliek gaan kyk.

Hier is sowat 250 stalletjie­s, maar dinge is goed georden. Elke deel is apart – oudhede, handgemaak­te goedere, vlooimark, kos en klere – wat dit maklik maak om iets te soek. Dit maak ook die kans dat jy jou man, ma of kinders verloor, kleiner. (Ja, ons weet dit gebeur!)

Vergeet van ontwerpers­produkte – hierdie mark gaan oor goeters. Jy kan enigiets van ’n etswerk op olifantmis­papier tot prinses Diana-gedenkwaar­dighede, tweedehand­se boeke, ou ammunisiek­iste of ’n plastiekge­raamte koop – selfs ’ n tikmasjien wat nog werk (vir slegs R300) .

Maar hier’s nie nét goeters nie Die kinders sal die springkast­eel geniet en jy kan jou palm laat lees of een van die beste Thaise voetmasser­ings van jou lewe kry (15 minute, R70).

Hier is ook baie kosstallet­jies met lang tafels vir die hele gesin. Of skuif langs iemand in en maak vriende.

Wenk Moeg gery ná ’n week in die verkeer? Geen problem nie: die Gautrein hou stil by die winkelsent­rum.

Wanneer? Sondag 9 vm.-4 nm. Waar? Boonste vlak, Rosebank-winkelsent­rum

Nog inligting rosebanksu­ndaymarket.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa