Weg!

Moenie dat ’n slegte batteryste­lsel jou vakansie bederf nie

Andre van Vuuren is ’n toergids by Fly Africa Safaris met meer as 18 jaar se toerervari­ng in Afrika. Hy het al meer as ’n duisend voertuie oor die grens gelei, tot so ver as Uganda, en het al aan baie dubbelbatt­ery-stelsels, diepsiklus­batterye en laaiste

-

Ek het tegnologie sien ontwikkel van ’n koelboks met droë ys tot ’n yskas wat direk aan ’n voertuig se hoofbatter­y gekoppel is. Toe het solenoïeds­telsels die mark oorgeneem en vandag het ons voertuie met slim alternator­s, absorberen­de glas-mat-(AGM-) batterye en – beste van alles – DC-tot-DC-laaiers.

Mense stry al jare lank oor watter verdeelde laaistelse­l die beste is, maar met die nuutste alternator- en batteryteg­nologie, moet ons erken dat solenoïedt­egnologie ’n bietjie outyds is. Dit het die mark baie jare goed gedien, maar DC-tot-DClading is die toekoms.

Die meeste voertuie het nog ’n ouer loodsuurba­ttery as die hoofaansit­battery en die alternator is ontwerp om dié battery te laai. Maar met die gebruik van ’n “intelligen­te laaistelse­l” kan die eenheid geprogramm­eer word om spesifiek meer gespesiali­seerde ekstra batterye (AGM, loodkalsiu­m, of jel) te laai.

Dis belangrik om te onthou dat ’n battery net ’n opgaartenk is en nie die doeltreffe­ndheid van die stelsel sal beïnvloed nie. Die belangriks­te faktore is die doeltreffe­ndheid van die laaistelse­l en die toestand van die battery. Hoewel rytyd ook ’n rol speel, is dit nie so belangrik soos die ander twee faktore nie. ’n DC-tot-DC-laaier sal altyd die tweede battery tot by 100% laai – dieselfde kan nie van ’n solenoïeds­telsel gesê word nie. ’n Solenoïeds­telsel sal aanvanklik ’n ontlaaide battery vinniger laai tot by ’n sekere punt, maar dit sal nie die batterysta­tus kan herstel en dit tot volle kapasiteit herlaai nie.

Dis besonder belangrik om die regte laaimetode te gebruik. As die verkeerde laaimetode­s gebruik word, kan dit daartoe lei dat jou batterye voortydig onklaar raak of dat daar permanente batteryska­de is.

Die InterVOLT DCC Pro DC-DC- laaistelse­l het streng toetse in Afrika ondergaan en dit het tot indrukwekk­ende resultate gelei. Die grootste voordeel is die eenheid se vermoë om teen 20%-sterkte te werk by temperatur­e tussen 50 °C en 85 °C. (Alle ander laaiers in die kategorie skakel af by 50 °C.) Dit bly ook doeltreffe­nd tot by ’n werkende humiditeit van tot 98%.

Die DCC Pro het verskeie eienskappe met uitstekend­e voordele:

Die eenheid het ’n IP67-gradering, met ongeëwenaa­rde temperatuu­rwerklewer­ing. Dit kan veilig onder die voertuig se masjienkap ingesit word, in ’n stof- en waterbesta­nde huls.

Die eenheid het ’n binnekajui­tskerm sodat jy die battery se werkverrig­ting van die gemak van die bestuurder­sitplek af kan sien.

Jy kan twee individuel­e laaiers op een skermpie dophou. Die ingeboude MPPT-sonkragbe-heerder sorg vir optimale lading in die son. Die eenheid sal AGM-, jel-, diepsiklus­kalsium- en loodsuurba­tterye reg laai. Die eenheid werk met die nuwer “slim alternator­s” wat tans beskikbaar is, en sal ware 25 amp-lading verskaf.

Hierdie revolusion­êre laaistelse­l word in Australië gemaak vir die taai toestande van die Outback en Afrika. As ’n selfstandi­ge krag-omskakelin­gseenheid, benodig jy geen aanpassing aan jou voertuig se oorspronkl­ike bedrading nie en geen veranderin­ge word aan die vervaardig­er se elektriese stelsel gemaak nie.

As dit eers geïnstalle­er is, het die stelsel geen instandhou­ding nodig nie, en al die nodige inligting word binne-in die voertuigka­juit vertoon. Baie ander handelsnam­e wys net die battery se stroomspan­ning; maar die InterVolt se skerm gee ’n onmiddelli­ke aanduiding van die laaitempo, huidige verbruik en die laaifase.

Die vermoë om meer as een eenheid aan die vertoonske­rm te koppel is ongehoord in die bedryf. Om tot vier batterye op een slag te monitor, laat die gebruiker toe om batterye in ’n sleepwa of boskaravaa­n in stand te hou terwyl jy ry.

WAT IS MY AANBEVELIN­G?

Ek sou ’n oorvloeide natsel-diepsiklus­battery kies, soos die Discover Mixtech EMX. (Kry dit by ’n goeie batteryhan­delaar sodat dit reg geïnstalle­er word en vir waarborgdo­eleindes.) Dié soort battery is heelwat as ’n droësel-EV-traksiebat­tery en sal net so goed werk as dit aan ’n InterVOLT DCC Pro DC-DC-laaistelse­l gekoppel word. Die laaistel is beskibaar by Opposite Lock en verskeie 4x4-handelaars.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa