Weg!

Guide to Birds of the Kruger National Park

-

Ek het al lank my oog op dié voëlgids. Dis die helfte dunner as ’n volledige voëlgids – 224 bladsye vergeleke met ander gidse wat meer as 450 bladsye lywig is.

Dis heelwat makliker om te blaai tot by daai swart-en-wit voëltjie (’n sneeubal). En dis ligter om op ’n staptog saam te dra.

Maar die veer in die hoed van die gids is die Krugerspes­ifieke inligting soos dat die skaars bosuil net langs die Luvuvhuriv­ier gesien kan word. En as jy ’n reusereier tussen die riete langs die Sabie- en Krokodilri­vier sien, kyk twee keer, want dit kan ’n rooireier wees, wat dieselfde lyk en daar voorkom. R220 by takealot.com >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa