Weg!

Stanley-koffiemake­rs

-

Hoe maak jy vriende in die kampterrei­n? Haal jou vlekvryest­aal-dompelkoff­iekan uit en bied vir die ouens met die Ricoffy-poeier ’n koppie regte koffie aan. Stanley het twee modelle: Een is ’n dompelkoff­iekan waarmee jy moerkoffie langs die kampvuur kan maak vir ses mense. Hulle het ook ’n stel wat ’n kleiner kan, warmfles en twee koppies insluit. Die hele toetie pas in mekaar om ruimte te bespaar en is klein genoeg om in ’n dagrugsak te pas. Kan ek al twee kry, asseblief? R950 by outdoorwar­ehouse vir die koffiemake­r, R1 200 by yuppiechef.com vir die stel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa