Weg!

First Ascent Lunar-staptent

-

’n Goedkoop tent is ’n duur kopie... ’n Vrot tent gaan gou lek of die ritssluite­rs gee die gees of die seile skeur en dan gaan jy in elk geval elke jaar ’n nuwe een moet koop. Belê dus eerder in ’n duursame tweemanten­t.

Dié tent slaan nie op in drie sekondes nie, maar vereis ook nie drie uur se gestoei om terug in die sak te pas nie. Toe ek langs die Oranjerivi­er in dié tent wakker geword het, was ek 20 minute later al op die pad. En opgevou is hy kleiner en ligter (net 2,6 kg) as ’n vrou se handsak – net reg vir die volgende avontuur in die berg. R2 200 by outdoorwar­ehouse.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa