Laai dit reg

Weg! - - Advertensie-artikel -

Bat­te­rye is duur. As jy nie mooi na jou­ne kyk nie, gaan dit nie hou nie. Om din­ge er­ger te maak, is die mees­te voer­tuig­rei­se – an­ders as wat men­se glo – nie lank ge­noeg om ’n diep­si­klus­bat­te­ry ten vol­le te her­laai nie. Dis hoe­kom jy jou ek­stra bat­te­ry aan ’n In­tel­li­gent Main­te­nan­ce-laai­er moet kop­pel wan­neer jy dit nie ge­bruik nie. Doen jy dit nie, be­ska­dig jy die bat­te­ry per­ma­nent.

Ná uit­ge­brei­de na­vor­sing oor bat­te­ry­teg­no­lo­gie en her-/ont­la­dings­kur­wes, het dit dui­de­lik ge­word dat die on­der­werp van bat­te­ry-in­stand­hou­ding tot ’n groot ma­te ge­ïg­no­reer word. Dis hoe­kom Na­ti­o­nal Lu­na meer as drie jaar be­lê het in die ont­wik­ke­ling van hier­die laai­er. Dit het ’n agt­stap-laai­pro­gram, waar­mee die laai­er jou bat­te­ry op­ti­maal ont­leed en her­stel. Die bes­te van al­les is dat jy dit vir ’n on­be­paal­de tyd ge­kop­pel kan hou, son­der om die ri­si­ko te loop dat jy die bat­te­ry sal be­ska­dig of oor­laai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.