HET JY GEWEET?
National Luna is die enigste vervaardiger van kampyskaste in Suid-Afrika. National Luna was die eerste maatskappy ter wêreld om ’n ys-/vrieskas met twee kompartemente te ontwerp en vervaardig wat ’n enkele kompressor gebruik het. Dit is in 2002 vrygestel en dit het 10 jaar geneem voor die eerste Chinese kopie op die mark verskyn het. Alle National Luna-yskaste word vervaardig en getoets tot op die tropiese vlak (43°C) – die hoogste internasionale toetsspesifikasie vir ys-/vrieskaste. National Luna het die grootste verskeidenheid 12V-kampyskaste in die wêreld.