Weg!

STIL, STYLVOL EN DUURSAAM ’N WEN KOMBINASIE

Baie mense voel op Maandag oggende of hulle berge kan versit, maar voor hulle hul oë uitvee, is dit al weer Saterdag. Ontelbare huistake moet inderhaas klaar gemaak word, etes moet gemaak word en dan is daar nog boonop daardie berg wasgoed om te takel. Di

-

Om wasgoed te was is een van daardie take wat niemand regtig na uitsien nie, maar dit is onvermydel­ik. Selfs vir sakevrou, ma van twee en Samsung ambassadeu­r, Jo-Ann Strauss, is wasgoed was nie iets waaraan sy baie tyd wil spandeer nie. Gelukkig word hierdie roetine taak baie vergemakli­k danksy die Samsung AddWash™ voorlaai wasmasjien wat ontwerp is om lag-lag klaar te speel met enige bondel wasgoed in ‘ n japtrap. Jo-Ann het byna nie ‘n minuut vir haarself as gevolg van haar baie besige skedule en as ma van twee wil sy tyd spaar waar ookal sy kan om dit te spandeer op dinge wat werklik saak maak. Dit het ’n groter laaikapasi­teit en ’n blits vinnige “Super Speed” siklus opsie wat vinnig klaar speel met bondels van tot 12kg wasgoed in helfte van die tyd! Die AddWash™ wasmasjien is stil, doeltreffe­nd en eko-vriendelik, die ideale wasmasjien vir enigeieman­d met ‘n besige skedule. Die AddWash™ wasmasjien maak ook boonop seker dat jou klere silwer skoon gewas word danksy Samsung “Ecobubble™” tegnologie. Die waspoeier word eers met water gemeng om die borrels te skep, voordat die siklus begin, wat beteken dat die wasmiddel die klere vinniger en selfs skoner was. Dit werk ook teen lae temperatur­e wat ideaal is vir daardie meer delikate items, terwyl “BubbleSoak” tegnologie en ‘n “Stoom-was” opsie, vlekke meer effektief verwyder, selfs in koel water. Vir Jo-Ann, ’n ma van twee, is daar niks meer frustreren­d as daardie een sokkie wat nie die wasmasjien balie gehaal het nie en dit net nadat sy die bondel begin was het. Gelukkig laat die AddWash™ haar toe om die kousie gerieflik by te voeg gedurende die siklus danksy die handige AddWash™ deur. Dit beteken dat sy nie nog ‘n was siklus aan die gang hoef te sit vir enige vergete items nie. Bo-op al hierdie wonderlike funksies het die AddWash™ boonop “Self Cleaning Plus” tegnologie wat muf en bakterieë elimineer en die wasserdrom vars laat ruik. Die AddWash™ voorlaaier wasmasjien is voorwaar ‘n staatmaker en ontwerp om jou lewe soveel mooontlik te vergemakli­k. Tyd is kosbaar en met die AddWash™ wasmasjien het jy nou, soos Jo-Ann, meer daarvan om saam met jou gesin te spandeer.

Dit is hoekom die Samsung AddWash™ haar getroue helper geword het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa