Weg!

SOEK ’N DISA

-

Dis nou die seisoen – Desember tot Maart – om die rooidisa ( Disa uniflora), die simbool van die Kaapprovin­sie, te gaan soek. Dominic Chabon, oftewel The Fynbos Guy, gee raad oor die roetes op Tafelberg waarop jy dié mooi nooi kan sien. Die maklike roete Jy gaan moet stap om dié orgideë te sien – hulle groei in die hoë dele van Tafelberg langs strome en vleilande. Die maklikste roete is om met die sementpad van Constantia­nek af tot bo op die berg te stap, verby die Overseer’s C ot ta geen reg ste hou op di eS m ut sT ra c k-enkelspoor paadjie. Stap verby die Nursery- en Skeleton-ravyn tot by Window Stream in die Window-ravyn waar daar gewoonlik baie te sien is. Jy kan dan terugloop in jou spoor of voortstap met die Smuts Track na Maclear’s Beacon en die sweefspoor. Die moelik(er) roete Stap van Kampsbaai a fop met Kasteelpoo­rt roete( parkeer in Theresalaa­n). Daar staan gewoonlik ’n paar in die stroompie in die laaste deel van die kloof. Of stap van die Kirstenbos­ch- botaniese tuin af op met Skeleton-ravyn – ’n paar disas staan gewoonlik aan die bopunt van die roete – en weer af met die veiliger Nursery-ravyn. Albei is halfdagroe­tes. De smalle weg Die uitdagende Myburgh’s Waterfall-ravynroete is die beste plek op Tafelberg om rooidisas te sien. Die roete, wat begin in Houtbaai en eindig via die Llandudno-ravyn, is nie duidelik gemerk nie en daar is dele waar jy handevierv­oet moet klouter. Stap liefs dié roete, sowel as die weggesteek­te Disa Stream-ravyn en The Aqueduct-roete waarlangs die rooidisa ook voorkom, saam met ’n gids. Kontak Dominic by 072 992 5636 of gaan na thefynbosg­uy.com.

NÓG ROOIDISAS

HAROLD PORTER- BOTANIESE TUIN Volg die Disa-roete (sowat ’n uur uit en tuis) tot by die waterval. Die roete is so genoem omdat die rooidisas groei teen die hange aan die westekant van die Disarivier – hou dus jou oë oop. (Jy kan ook die rooidisa sien op die Luiperds kloof roete–sien bl .40.) Koste R25 p.p. Gratis vir kinders jonger as 6 jaar. Oop Maandag-Vrydag van 8 vm.-4.30 nm. en tot 5 nm. op naweke en vakansieda­e. Kontak 028 272 9311; sanbi.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa