Weg!

Die supermaan en die bulhorings

- – Willie Koorts

Op 4 Desember, die dag ná volmaan, bereik die Maan “perigeum” – ’n spoggerige woord vir wanneer die Maan die naaste aan ons sit. Hoe nader iets is, hoe groter lyk dit – dié volmaan is dus die grootste een vanjaar.

Kyk mooi: Daar is op 3 Desember ook ’n helder, rooierige ster naby die Maan. Dit is Aldebaran, die oog van Taurus, die Bul. Die Bul bestaan uit ’n onderstebo V wat die bul se voorkop voorstel, met sy horings wat ondertoe wys (Dis onderstebo vir ons in die Suidelike Halfrond).

Baie mense praat deesdae van die perigeum-maan as die “supermaan” en dikwels ook van allerlei natuurramp­e wat deur die Maan veroorsaak word. Dis gewoonlik fopnuus. Onthou, die Maan kom elke maand so na aan die Aarde, sonder dat dit enige skade aanrig; dis net nie altyd volmaan nie!

Die Maan se wentelbaan is ellipties en die afstand van die Aarde wissel tussen ongeveer 357 000 km en 406 000 km. Dit laat die Maan tot 14% groter lyk, iets wat jy nie sommer met die blote oog sal oplet nie. Neem vandeesmaa­nd ’n foto wanneer die Maan op sy naaste is en doen dit dan weer as hy op sy verste is (die “mini-maan” is op 26 Augustus 2018). Maak net seker jou kamera verstellin­gs is presies dieselfde, en vergelyk dan die foto’s met mekaar.

Maar die volmaan lyk dan beslis groter wanneer dit opkom of sak? Ja, onthou, daar is ’n optiese illusie wat die Maan groter laat lyk na aan die horison. Dit het te doen met hoe ons brein voorwerpe met mekaar vergelyk as jy dit saam sien – dit lyk groter as wanneer dit alleen voorkom.

 ??  ?? Aldebaran
Aldebaran

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa