Weg!

Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe

deur Justin Vermaak en Douw Steyn, Jonathan Ball

-

Ons almal onthou wyle Tolla van der Merwe se recce-grappie, maar ’n resepteboe­k met recce-resepte? Dit is een van die grootste verrassing­s wat vanjaar by Weg se kantoor opgedaag het.

Hierdie unieke boek kombineer verskeie – ook tong-in-die-kies – resepte met stories oor die recces se doen en late in die tyd van die Grensoorlo­g.

Albei skrywers het gevorderde militêre opleiding wat beteken hulle vertelling­s is so outentiek as kan kom. Jy kry as ’t ware ’n proesel van hoe die recces moet oorleef. Al ooit gewonder hoe jy ’n leeu kaalhand wegjaag van ’n karkas? Het jy al aasvoëlsop of gebraaide luislang oorweeg?

Kyk, die recces was soms rof en onbeskof, maar hier is ook meer gematigde resepte, soos beesribbet­jies wat jy in ’n oond kan gaarmaak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa