Weg!

On Your Bike Geological Wonders of Namibia

deur Chris en Tim Whitfield, Tafelberg deur Anne-Marie en Michel Detay, Struik Travel & Heritage

-

“The Earth teaches us more about ourselves than all the books in the world.” Só word Antoine de Saint-Exupéry, skrywer van Die klein prinsie, aangehaal op die eerste bladsy van Geological Wonders of Namibia – ’n visuele viering van ons buurland se geologie.

Wat die boek veral interessan­t maak, is dat die hoofstukke chronologi­es ingedeel is: Jy begin hierdie tydreis 13,8 miljard jaar gelede toe die oerknal plaasgevin­d het. Daarvandaa­n reis jy deur Namibië se geologiese geskiedeni­s tot by die 20ste eeu en leer meer oor meteoriete (soos die Hobameteor­iet buite Grootfonte­in), die Visrivierc­anyon, fossiele, vulkane en natuurlik die ontstaan van die Namibwoest­yn.

Dis ’n toeganklik­e boek met puik foto’s wat Namibië se geologie vir enigemand wat belang stel in ons Aarde se ontstaan, sal ontsluit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa