Weg!

Liedjies vir pikkies en peuters

-

deur Gertie Smit Enige ouers wat al ver moes ry vir ’n vakansie, ken die uitdagings van woelige kinders in die motor. Hierdie bundel (en CD) met 40 vrolike Afrikaanse kinderlied­jies bied ’n moontlike oplossing vir snelwegblu­es. Die rympies kom uit die gewilde bundel Rympies vir pikkies en peuters, saamgestel is deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit. Gertie het die rympies vir hierdie bundel getoonset.

Die liedjies is verdeel in temas waarmee die jongspan kan identifise­er, soos my gesin, somer, troeteldie­re, op die plaas en selfs wilde diere. Die kort liedjies is op ritme en klank ingestel. Dink net aan die vreugde in die motor as iemand ’n donkiekar op ’n grondpad gewaar terwyl “Die donkiekar ry hoppetieho­p, want donkie trek dit skoppeties­kop” op die CD speel! R185 by takealot.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa