Weg!

MELKBOSSTR­AND

-

Op Melkbosstr­and kan jy jou tone in die sand (en in die koue Atlantiese Oseaan) woel, vars seekos eet en laatmiddag met ’n boetiekbie­r in die hand uitkyk oor die blou dam se branders, en dáái foto van Tafelberg neem.

OGGEND

Die vinnigste manier om op Melkbos te kom is met die besige Weskuspad (R27) of die Melkbosstr­andpad van die N7 af.

Maar die mooiste pad is kuslangs met die M14 (Otto du Plessis-rylaan) verby Bloubergst­rand, Big Bay, Eerste Steen, Tweede Steen en Kreeftebaa­i.

Draai links in 6de Laan (dis Melkbos se hoofstraat en die meeste winkels is hier) tot by Kusweg. Los jou voertuig vir die dag in die groot parkeerter­rein by die Nasionale Seeredding­sinstituut se Stasie 18.

Kusweg het vele eetplekke, maar The Hart Breadhouse & Eatery ( 021 553 1073) reg oorkant Stasie 18 bedien uitstekend­e koffie en ontbyt van 8 vm. tot 12 nm. Sit buite op die dek en teug aan jou Cortadokof­fie (R24) terwyl jy na die see staar, of smul aan ’n Croque Madame (R70) binne as die oggendmis nog nie weggebrand het nie.

Daai ontbyt moet afgestap word om plek te maak vir middagete later. Stap van 1ste Laan op ’n wandelpad en later seelangs tot by die monding van die Soutrivier (2 km). Kyk ook hoe die brander- en vlieërplan­kryers oor die golwe vlie’.

Verken op pad terug die dorp en sy winkeltjie­s. Die oulike Blessings-winkel ( 073 166 5996) in 11de Laan behoort aan Welma Esterhuyse van die olyfplaas De Fayebosch (dit lê aan die voet van Kanonkop, halfpad tussen Melkbos en Malmesbury).

Moenie uitstap sonder ’n sondroogol­yf-en-sjokolades­alami (R25 vir 80 g) of ’n potjie laventelso­ut (R20 vir 125 ml) nie!

MIDDAG

Daar is min dinge wat ’n groot honger aanwakker soos vars seelug en ’n bietjie oefening. Die Damhuis, geleë in die oudste gebou op Melkbos (dit was die visskuur van die oorspronkl­ike plaas De Melkbosch en is rondom 1785 gebou), is ’ n ou gunsteling. Jy sit tussen dik witgekalkt­e mure wat twee eeue gelede saamgeflan­s is uit koeimis, walvisbene, strooi en sand, en smul aan eg Suid-Afrikaanse geregte soos Weskusmoss­els (R113), kerrievis (R128) en beesstert (R128).

Stap terug na jou motor, en ry die entjie af in Kusweg na die onderpunt van 11de Laan. Op die strand staan ’ n pers huisie ( Tube Wave 082 568 8945) waar jy die

lekkerste draairoomy­s (R14) op die dorp (dalk langs die hele Weskus!) kan koop.

Kom nou Pa, betaal daai ekstra R6 vir die Flake!

NAMIDDAG

As jy lus is om nog te stap, fiets te ry, of om net in jou motor aan te kruie deur die fynbos terwyl jy aan jou roomys smul, maak ’n draai by die Koebergnat­uurreserva­at. Ry noord met Kusweg, draai links in Otto du Plessisryl­aan en ry tot by die ingang.

Die reservaat (30 km²) strek rondom die Koeberg-kragsentra­le.

Dis nie die Krugerwild­tuin nie, maar dis tog interessan­t om springbokk­e en elande te sien wei rondom die kernkragse­ntrale en groot watertorin­gs. Hier is ook rooikatte, slange en ’n befoeterde sebra wat nie daarvan hou om fietsryers te laat verby kom as hy in die pad stap nie!

Teen dié tyd trek die son al water. Ry terug dorp toe, kry jou sit by die Castella Amare-restaurant ( 021 553 3827) aan die onderpunt van 5de Laan en bestel ’n skemerkelk­ie.

As jy iets meer geselliges soek, ry terug Kusweg toe na Melkies ( 021 553 0472). Bestel ’n yskoue CBC Krystal Weissbier (R45) en roep “prost” op die einde van ’n lekker dag.

– Pierre Steyn >

 ??  ??
 ??  ?? KOEBERG-NATUURRESE­RVAAT
KOEBERG-NATUURRESE­RVAAT
 ??  ?? MELKBOSSTR­AND
MELKBOSSTR­AND
 ??  ?? DIE DAMHUIS
DIE DAMHUIS
 ??  ?? THE HART
THE HART
 ??  ?? WELMA ESTERHUYSE
WELMA ESTERHUYSE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa