Weg!

Filet in ’n koffiemari­nade

-

Vir 6

Voorbereit­yd 10 minute plus marineerty­d

Gaarmaakty­d 10 minute ’n Heel filet oor die kole is ’n Kersfeesbe­derf in ons huis. Hierdie marinade dien twee doele – die ensieme in die koffie maak die vleis ekstrasag en dit sorg ook vir hope geur. Jy hoef nie bekommerd te wees nie – die koffiesmaa­k is baie subtiel. Jy benodig • 1 kg filet • 2 koppies sterk filterkoff­ie teen kamertempe­ratuur • 3 eetlepels taai bruinsuike­r • 1 eetlepel kakaopoeie­r • 1 teelepel gemaalde komyn • 1 eetlepel gekapte knoffel • 1 eetlepel rissievlok­kies • olyfolie • seesout na smaak • gemaalde swartpeper na smaak • 2 perskes • 6 jong preie • 2 klein koppe blaarslaai

Só maak jy

1 Plaas die filet in ’n Ziploc-sak. Roer die koffie, bruinsuike­r, kakao, komyn, knoffel en rissievlok­kies saam totdat die suiker opgelos het. Skink die marinade by die filet in die sak en los dit vir minstens 4 uur in die yskas om te marineer.

2 Verwyder die filet uit die marinade en sorg dat dit heeltemal kamertempe­ratuur bereik voordat jy dit braai.

3 Kry ’n bed kole gereed. Sit die filet direk op die vuurwarm kole en draai dit elke 2 minute ’n aks totdat die hele filet reg rondom geskroei is – ongeveer 10 minute. Lig die vleis van die kole af, bedek dit met ’n stuk foelie en laat dit vir minstens 15 minute rus.

4 Geur die perskes, preie en blaarslaai met sout, swartpeper en olyfolie en skroei dit op ’n rooster oor die kole.

5 Pak die gebraaide perskes en groente saam met die filet op ’n opdienbord en sit dit voor saam met die koolslaai.

WENK

Indien jy die braaimetod­e hierbo volg, moet jy regte hout gebruik en nie brikette wat met chemikalie­ë behandel is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa