Weg!

Koolslaai met byt

-

Vir 6 Voorbereit­yd 20 minute

Vars, krakerig en vol geur! Jy benodig • ½ rooikool, fyngesnipp­er • 1 rooiui, dungesny • 5 rooi radyse, in dun ringetjies

gesny • ½ rooi brandrissi­e, fyngekap • ½ koppie koljander, gesnipper • ½ teelepel sout

• 1-2 lemmetjies of 1 suurlemoen • ¼ koppie appelasyn • 2 eetlepels olyfolie • 1 eetlepel heuning • ½ koppie growwe klapper of klappervlo­kkies

Só maak jy

1 Meng die kool, ui, radys, rissie, koljander en sout in ’n bak.

2 Druk die lemmetjie se sap daaroor uit, gevolg deur die asyn, olyfolie en heuning. Roer dit ’n paar keer baie goed deur en sprinkel die klapper bo-oor.

3 Gaan steek nou die vuur aan en laat die slaai eenkant rus sodat die geure kans kry om te gesels. Omdat daar nie blare is wat kan verlep nie, sal dit wat oorbly, goed in die yskas hou tot die volgende dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa