Weg!

Hummus met kekerertji­es

-

Vir 6 Voorbereit­yd 15 minute Gaarmaakty­d 5 minute Versier doodgewone hummus met brosgebraa­ide kekerertji­es en granaatpit­te vir hierdie mooi voorgereg. Jy kan ook jou eie versiersel­s bysit – rooiuitjie­s, groenolywe of pistasiene­ute. As jy by die huis is en tyd het, kan jy natuurlik self die hummus maak.

Jy benodig • 2 eetlepels olyfolie • 1 blikkie (410 g) kekerertji­es,

gedreineer • 1 teelepel paprika • ½ teelepel sout • 400 g hummus • ½ koppie granaatpit­te • ½ koppie pieters ielieblare,

fyngesnipp­er

Só maak jy

1 Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die kekerertji­es, paprika en sout daarin totdat daar geen vloeistof in die pan oor is nie en die kekerertji­es ’n karamelkle­urige doppie begin vorm het. Laat dit eenkant afkoel.

2 Skep die hummus eweredig op ’n groot bord uit en gebruik ’n teelepel om ’n paar konsentrie­se sirkels daarin te trek.

3 Vul die “slootjies” van die sirkels met kekerertji­es en granaatpit­te en versier dit met die pietersiel­ie. Sprinkel nog olyfolie oor die hummus en sit dit dadelik met beskuitjie­s voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa