Weg!

Kaas-en-tamatiepas­tei

-

Vir 6 Voorbereit­yd 30 minute Gaarmaakty­d 40 minute Jy kan enige ander dag braaibrood­jies maak. Span op Kersdag die wenkombina­sie van kaas, uie en tamatie in vir dié spoggerige pastei. Ek bak hierdie in die oond, maar jy kan die vulsel ook in blaardeeg toevou en as ’n braai- pie oor die kole bak.

Jy benodig

• 1 rol broskorsde­eg ( short crust

pastry), ontdooi • 2 eetlepels botter (plus ekstra

vir smeer • 2 koppies gruyère of cheddar, gerasper • 4 ryp tamaties, in skywe gesny en die sap en pitte verwyder • ½ teelepel sout • 1 ui, dungesny • 2 knoffelhui­sies, gerasper • ½ teelepel gemaalde swartpeper • 250 g mascarpone (of roomkaas) • 2 eiers

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 200 ºC. Smeer ’n 23 cm-tertbord met botter. Rol die deeg uit tot ½ cm dik en voer die tertbord daarmee uit. Laat die deeg effens oorhang, want dit gaan krimp in die oond. Prik die deeg oraloor met ’n vurk en bak dit dan blind vir 10 minute. Verwyder, en sprinkel ½ koppie kaas daaroor. Draai ook nou die oond na 180 ºC.

2 Pak die tamatiesky­we in ’n enkellaag op kombuispap­ier, sprinkel die sout oor en sit nog ’n vel kombuispap­ier oor. Laat dit vir 15 minute staan en druk dan droog.

3 Verhit die botter in ’n pan en soteer die ui vir 5 minute. Roer die knoffel daarby en geur dit na smaak met sout en peper.

4 Meng die mascarpone, eiers en die res van die kaas goed.

5 Pak ’n laag tamatiesky­we in jou pasteikors, gevolg deur die uie, die res van die tamatie en laastens die mascarpo nemengsel.

6 Bak die pastei vir 30 minute teen 180 ºC. Laat dit vir 30 minute staan om goed te stol voordat jy dit sny. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa