Weg!

Zojirushi 480 ml-fles

-

’n Vindingryk­e Kaapstadse egpaar voer dié Japannese fles in (die maatskappy bestaan al sedert 1918). Dit is ’n fles vir een mens, of twee wat nie omgee om te deel nie. Die fles het nie ’n los koppie nie, maar ’n dekseltjie wat oopwip met die druk van ’n knoppie. As jy die oggend seweuur swart koffie in hierdie outjie gegooi het, belówe ek jou dat jy teen vieruur die middag nog warm slukke kan vat. R520 by wazashop.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa