Weg!

Skryf aan ons en wen ’n prys!

- MARYKE SCHEUN, Pretoria >

Ons het onlangs gekuier in Marlothpar­k wat aan die Krugerwild­tuin grens. Toe ons een middag van die kafee af huis toe ry, vlieg ’n voël onverwags volspoed in die bestuurder­skant se ruit vas.

Die slag was só hard ons was seker die voël is dood, maar toe ons omkyk, sien ons hy spartel in die pad. Ons het dadelik uitgeklim om so vinnig moontlik die voël in veiligheid te neem.

Ons kon ons oë nie glo nie: dit was ’n skugter bosloerie. Die meeste voëlkykers droom hulle lewe lank om dié gesogte voël op hulle lysie af te merk.

Die bosloerie was deurmekaar en ons het hom na ons huis geneem, veilig in ’n boom in die koelte gesit en gewag.

Tot ons verligting het hy ná ’n uur opgevlieg na ’n ander, digter boom. Net so vinnig as wat hy in ons lewens verskyn het, het hy weer verdwyn.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa