Weg!

Bespreek nou jou plek vir ’n 2018-toer saam met Weg en Mpafa Travel deur Botswana en die Caprivi

Ontdek Afrika op sy wildste saam met Weg en Mpafa Travel – die Makgadikga­dipanne, die Okavangode­lta, Tsodiloheu­wels, die BwaBwata- nasionale park en Mahango-wildreserv­aat, die Victoriawa­terval én die Chobe- nasionale park.

-

TOERINLIGT­ING

2018: 19-29 April; 28 Junie-8 Julie; 6-16 Augustus; 15-25 September

Hoe lank is die toer?

11 dae, 10 nagte

Van waar vertrek die toer? Nata, Botswana Eindpunt? Kasane, Botswana Waar slaap ons? Formele verblyf. Hoeveel kos dit? R23 950 p.p. (30% bybetaling vir enkelperso­ne).

DIE TOERPRYS SLUIT IN • Beddegoed en handdoeke • Drie etes per dag • Alle verblyf • Alle parkgeld • Tweerigtin­gradio’s • ’n Toerleier en veldgids WAARVOOR SORG EK? • Jouself en jou gesin • Julle paspoorte • Enige 4x2 met ’n goeie

grondvryho­ogte • Brandstof • Stoele • Drankies en snoepgoed • Persoonlik­e toerusting • Grensposta­riewe

DIE TOER IN ’N NEUTEDOP

Dag 1 Ons ontmoet by die Nata Lodge en geniet die sonsonderg­ang by die Makgadikga­dipanne.

Dag 2 Die groep verken Maun en omgewing met ’n opsionele vlug oor die delta.

Dag 3 Van naby Sepupa neem motorbote ons na ’n huisboot op die Okavangode­lta, waar ons twee nagte deurbring.

Dag 4 Gaan op ’n mokorovaar­t op die delta of vang tiervis.

Dag 5 Ons keer terug na die voertuie en ry na die rotskuns by die Tsodiloheu­wels. Ons steek die grens oor na Namibië.

Dag 6 Ons besoek die Mahangowil­dreservaat, wat spog met meer as 300 voëlspesie­s en bekend is vir die troppe bastergems­bokke en swartwitpe­nse.

Dag 7 Ontspan by die kamp. Ons sluit die dag af met ’n sonsonderg­angvaart op die Okavango.

Dag 8 Ons ry deur die Caprivistr­ook op na Kasane. Dag 9 Ons besoek die Victoriawa­terval.

Dag 10 Ons gaan op ’n wildrit en bootvaart op die Choberivie­r in die Chobe- nasionale park.

Dag 11 Dis tyd om te groet.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa