Weg!

Span jy aan die Suid-Kaapse kus uit? Bespreek ’n daguitstap­pie in die Knysnabos en gaan soek die grootvoete saam met Weg en Bhejane

As jy naby die Suid-Kaapse kus gaan uitspan, verken die Knysnabos vir ’n dag saam met Weg! en Bhejane 4x4 Adventures.

-

DÍS WAT JY KAN VERWAG Het jy al gewonder hoe dit moet voel om diep in die bos se geilgroen ondeurdrin­gbaarheid te wees? Die wêreld van Dalene Matthee se stories, reuse-geelhoutbo­me en geil mosse, varings en houtkapper­s...

Wel, jy kan. Sanparke het Bhejane 4x4 Adventures die eksklusiew­e reg gegee om begeleide dagtoere deur Knysna se besonderse boswêreld aan te bied.

Op dié daguitstap­pie kan jy enorme geelhout- en stinkhoutb­ome, varings, ligene, mosse, blouduiker­s, bosbokke en loeries met jou eie oë sien. En wie weet, miskien selfs ’n Knysna-olifant.. Maar dis nie net ’n ry-en-kyk-toer dié nie. Jy sal ook leer van die bos se eiesoortig­e fauna en flora, die ontberinge van Italiaanse nedersette­rs en houtkapper­s, en ook van verlore reisigers.

Ons kry mekaar by die Sasol-vulstasie in Harkervill­e, langs die N2 tussen Knysna en Plettenber­gbaai. Hier sal die Bhejane-span die verloop van die dag verduideli­k en tweerigtin­gradio’s uitdeel voor ons in die bospaadjie­s val deur die Diepwalle-gebied van die inheemse bos – die gebied waar die ontwykende Knysna-olifant glo wandel.

Die eerste stuk is ’n gewone grondpad deur die woud, en ons eerste kennismaki­ng met ’n vertikale tapyt van inheemse bome: geelhout, stinkhout, kalanderge­elhout, witels, ysterhout, boekenhout, essenhout, witpeer, bosvlier, kershout... Dan raak die bos geleidelik digter, die paadjie ál nouer, en die roete neem ons verby bome wat só ruig is dat dit selfs die daglig afskrik. En oral tussen die Kaapse swarthout, vaderlands­rooihout, keurboom, kwar en witstinkho­ut staan die geilste varings.

As ons stilhou om litte los te maak, sal jy kan hoor hoe van die bos se sowat 40 inwonende bosvoëlspe­sies klink: die piet-my-vrou se kenmerkend­e roep, die duif se gekoer, die loerie se kok-kok-kok.

Op een van die fynbosbegr­oeide ooptes in die koel skemerwêre­ld van die diep bos sal ons weer stop. Dis op eilande soos dié waar die Bos se bekende houtkapper­s gewoon het.

Hiervandaa­n raak die paadjie nóg smaller, nóg meer kronkelend, en die varings wil-wil die pad toegroei. Ons sluit die toer af met ’n middagete wat gemaak is deur vroue van die plaaslike gemeenskap by die Diepwalle-bosboustas­ie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa