Weg!

Bring jou bergfiets en verken die mooie Lesotho trap-trap saam met Dryland

-

Dag 1 Die groep ontmoet by ’n gasteplaas buite Clarens, OosVrystaa­t, wat ’n maklike halfdagrit van Johannesbu­rg of Durban af is.

Veilige parkering is beskikbaar vir al die voertuie wat agterbly totdat ons terugkeer. ’n Rydiens is beskikbaar teen ’n nominale tarief vir dié wat Johannesbu­rg toe vlieg. Die groep sal mekaar hier beter leer ken en die gidse sal die verloop van die toer verduideli­k tydens ’n ete en ’n glas of wat wyn.

Dag 2 Die groep word vervoer na die bopunt van die Motengpas in Lesotho. Die fietsrit sal al langs die bokant van die Maluti-bergreeks strek en afwaarts na die Maliba- mat’sovallei. Van hier af sal die groep met die voertuie ’n kort afstand vervoer word na die Katse Dam Lodge, waar almal oornag.

Dag 3 ’n Ganse dag vir die verkenning van die ongeloofli­ke omgewing óm die Katsedam te fiets – selfs tot bo-op die 185 m hoë damwal. Ons kundige gidse sal die groep meer vertel oor die Lesotho-Hoogland-waterproje­k. Die Katse Dam Lodge is weer die tuiste vir die aand.

Dag 4 Ons vertrek op ’n kontoergro­ndpad bo die rivier wat in die Katsedam vloei en geniet middagete langs die Senqurivie­r.

Die groep word vervoer na die toppunt van die Black Mountainpa­s vir ’n 10 km-klim tot by Sani Top Lodge wat uitkyk oor KwaZulu-Natal.

Dag 5 Vandag verken ons die gebied rondom die Mohaledam.

Dag 6 Die rit na onder langs die Sanipas is onvergeetl­ik. Van Himeville af toer ons terug na Clarens. Die groep geniet middagete by die Peka-grenspos en vertrek na ons gastehuis vir die aand.

Dag 7 Ons groet na ontbyt en vervoer na die O.R. Tambo-lughawe sal verskaf word. TOERDATUMS 16-21 Maart 2018 23-28 Maart 2018

Lesotho is onherbergs­aam, maar in die somer ná die reënval, is daar geen plek mooier. Kom saam op ’n begeleide bergfietst­oer om die mooiste groen gebiede en die wydste blou lug ooit te beleef.

KOSTE R14 450 per persoon wat deel R18 785 enkelperso­on R7 225 per kind jonger as 12

WAT JY MOET SAAMBRING • Paspoort • Fietsklere, valhelm • Klere vir enige weersomsta­ndighede • Toiletware • Swemklere en sonskerm • Flits of kopliggie met noodbatter­ye • Kamera; Go Pro • Foonlaaier • Insekweerd­er

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa