Weg!

PIERRE SE BRIEF

- RE

TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF! Ons weet ’n maand is ’n lang tyd om vir jou gunsteling­tydskrif te wag. Bly intussen op die hoogte van alles wat by Weg aan die gang is deur in te teken op ons nuusbrief by weg.co.za

Ek wil glo dat Weg- mense – diegene wat hier werk én die mense wat dit lees – se glas altyd driekwart vol is. Ons besef die lewe is nie altyd ’n lied nie, maar ons neurie onderlangs eerder as om te mompel. As mense my vra waarvoor Weg se hart warm klop, is my antwoord: Ons is onbeskaamd positief Suid-Afrikaans en vír Afrika. Ons land en vasteland is vol mooi plekke en mense. Die geleenthei­d om hierdie plekke en mense te kan besoek is een van die grootste voorregte wat ons hier aan die suidpunt van die vasteland het. Ja, ons plek het sy tekortkomi­nge, maar ons verlekker ons eerder in die goeie.

Dis beter om daai eerstewêre­ldbril waarmee ek geneig is om na alles te kyk te bêre. So staan ek onlangs op ’n Mosambieks­e strand naby Inhassoro waar bestaansvi­ssers al heeloggend ’n treknet inkatrol. Binne-in die net wriemel honderde klein vissies. Maar dis nie net vis wat gevang word nie. ’n Seuntjie tel ’n seeperdjie op en draai hom diékant toe en daai kant toe. Seesterre lê eenkant. Anderkant lê sandhaaitj­ies en spartel na asem. Partykeer is die mooiste seeskilpad­jies deel van die vangs.

Die toneel pla my geweldig. Daardie aand rondom die kampvuur wil ek weet: Hoekom is een spesie vir ons oulik en moet gered word, en ’n ander bloot kos? En mag jy ingryp wanneer iemand anders se kultuur ter sprake is?

Die bestaansvi­ssers trek nou al eeue lank elke dag hulle treknette hier in, en deesdae is hulle seisoen nege maande lank. “Maar dis g’n wonder daar’s nie meer vis oor in die see nie!” sê iemand. Ons gids antwoord: “Weet julle dat een van daai groot kommersiël­e vistreiler­s in een aand meer vis en ander seediere vang as wat die honderde bestaansvi­ssers by Inhassoro in ’n jaar uithaal?” vra hy.

Die netjies verpakte vis wat ons in die plaaslike supermark koop, word deur daardie vistreiler­s gevang. Dit pla ons nie, want ons sien dit nie. Konteks en perspektie­f is belangrik.

Iets waarin ek wel sukkel om konteks en perspektie­f te vind, is met die stroping van die laaste wilde renosters. Die wreedaardi­gheid van sulke slagtings word deur die fotojoerna­lis Brent Stirton vasgevang in sy foto op bl. 22. Hierdie is een van ’n reeks foto’s oor renosterst­ropery wat aan dié Suid-Afrikaner die titel van Natuurfoto­graaf van die Jaar besorg het.

Dis ’n skokkende foto, ’n moordtonee­l wat jou tot stilstand ruk. Dis beslis nie Afrika op sy beste nie, maar dis belangrik om te plaas. Want as ons dit nie sien nie, pla dit ons dalk nie, en dít sou onvergeefl­ik wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa