Weg!

ELLA LABUSCHAGN­E

-

@ellaplabus­chagne Canon EOS 700D Canon 55-250 mm-lens

ELLA VERTEL: Ons woon in Mbombela (Nelspruit) en besoek elke maand vir twee dae die Krugerwild­tuin om batterye te laai. Die wildtuin gaan nie vir my net oor die Groot Vyf nie, maar ook die kleinste diertjies en voëls.

Ons ry gewoonlik in die suide rond omdat dit naby ons tuisdorp is. Van my gunsteling­plekke om foto’s te neem is Lake Panic, die Biyamiti-stuwal, Transportd­am en Shitlhaved­am. By die OnderSabie­brug is van die mooiste sonsopkoms­te. By die Sunsetdam is dit weer die sonsonderg­ange, om nie eens te praat van die wonderlike dierelewe nie.

Dié slag het ons egter die voorreg gehad om twee weke lank die wildtuin van suid na noord deur te ry. Ons reis het by die Phabenihek begin. Daarvandaa­n het ons rustig (en al klikkende) die pad aangedurf tot bo by Crooks’ Corner. Wat ’n belewenis!

Dit was verlede somer net nadat die droogte gebreek het, en die wêreld was paradysgro­en. Daar was geen diere in sig nie, maar dit het nie saak gemaak nie. Ek kon nie genoeg kry van die natuurskoo­n en die bome nie – veral dié een noord van Punda Maria.

TOAST SÊ: Die kremetart is die éintlike koning in die Kruger. Selfs die olifante kry hulle nie sommer onder nie, en die leeus dut alte lekker in hulle skaduwee.

Wanneer ’n park geseënd is met bome soos hierdie, het jy skaars diere nodig. Kremetarte troon soos katedrale bo die omliggende dikwels plat veld uit. Dit is om hierdie rede dat die vroeë reisigers van een kremetart na die volgende gereis het – voor GPS en padkaarte kon kremetarte jou help rigting hou.

Ek hou van Ella se sentrale komposisie, maar die belangriks­te is dat die boom se takke bo die horison uitsteek. Dit laat die boom selfs duideliker vertoon in die landskap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa