Weg!

Winde van veranderin­g

- REDAKTEUR PSteyn@media24.com

Dis ’n verfrissen­de bries wat vroeg vanjaar deur ons geliefde land waai, amper soos die Kaapse suidooster wat in die somer vuil rookwaas die see injaag. ’n Britse eerste minister het lank gelede gesê een week in die politiek is ’n lang tyd. Die een dag is ’n man nog baas, en sewe dae later het die wind vir Klaas geskep en het mense vergeet sy naam was Jacob.*

Dié gees van vernuwing steek oral kop uit. Ook hier by Weg waar nuwe rubrieke soos “Stap Saam”, “Vir die voëls” en ons blokkiesra­ai sedert #160 verskyn. In uitgawe #162 bou ons hierop voort.

Baie van die nuwe dinge word saamgevat in ’n afdeling wat ons “Agterhoede” noem. Dit sluit pretblaaie in vir die kleinspan wat ons “Slim Jan” gedoop het (bl. 138). Nie net gaan die kinders genot uit die blaaie put nie, maar die grootmense gaan saam baie leer oor die wêreld waarin hulle leef.

Die beste oë en ore, en die bron van ons lekkerste stories, is natuurlik julle – ons lesers. Julle sien, ervaar en neem foto’s van goed waarvan ons hier in die kantoor net kan droom. Dis hoekom ons “Met my eie oë” geskep het (bl. 140), waar lesers kans kry om hulle wildste ervarings met Weg se wêreld te deel.

Ons skrywers gaan ook elke maand ’n lekkerlees­brief skryf uit ’n dorp, stad of plek waar hulle hulle op daai oomblik bevind. Lees ’n bietjie Lloyd Zandberg se “Brief uit Windhoek” op bl.144 oor blessings. Ja, ons is self diep dankbaar. Groete. * Diegene wat hulle geskiedeni­s ken, kan vir my ’n briefie skryf oor hoe ek nou my Harolds deurmekaar geklits het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa