Weg!

Ek wil terug na Kosibaai

-

Ons was onlangs op ’n drie dae lange vakansie in Kosibaai. Ons het net drie aktiwiteit­e beplan: ’n riviertoer, ’n rit na die Kosirivier­monding en ’n seeskilpad­toer. Op die riviertoer het ons die vyf mere ontdek, flaminke gesien en net ’n paar meter van ’n seekoei met ’n kalfie op haar rug verbygevaa­r. Ons het ook die bekende viskrale van naderby gesien en ná die tyd in die louwarm water gesnorkeld­uik.

Die pad na die Kosirivier­monding moet met ’n 4x4 gery word – ons het gesien hoe ’n ander bestuurder twee keer op dieselfde dag vasval. Ons het deur ’n inheemse woud gery met raffiapalm­s tot 16 m hoog. Die middag het ons in die warm water deurgebrin­g en piekniek gehou langs ’n manglietwo­ud.

Die hoogtepunt van die vakansie was Bhanganek, ’n beskermde broeiplek vir leerrug- en karetskilp­aaie. Ons mag nie flitse saamgeneem het nie, want die kunsmatige lig verwar die skilpaaie wat dan nie na die strand toe wil kom nie. Die gids het gewaarsku dat hy nie ’n seeskilpad kan waarborg nie, maar ons het daardie nag drie wyfies gesien, waarvan twee kom eiers lê het!

Wat ’n onvergeetl­ike vakansie. Toe ek op my eerste dag terug by die werk van die Gautrein afklim ná die vakansie, het ek dadelik my man geWhatsapp: Kom ons gaan terug Kosibaai toe!

EDEONA PARKERSON, Johannesbu­rg

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa