Weg!

DAG GRENSPOS NA GOO-MOREMI 1 RESORT (113 km van Groblersbr­ug af; 210 km van Stockpoort af)

GPS-PUNTE

- Ou Palapye / Londense sendingker­k Makoshobom­e Kaptein se kantoor in Malaka Bosveld Meat Market

Die beste plek om hierdie roete te begin is óf die Stockpoort- óf Groblersbr­ug-grenspos. Stockpoort (bekend as Parr’s Halt aan die Botswanaka­nt) is baie stil, maar dit beteken jy het grondpad om te ry aan die Botswanaka­nt voordat jy weer by teer uitkom. Groblersbr­ug (Martin’s Drift aan die Botswanaka­nt) is heelpad teerpad, maar jy gaan dalk moet toustaan.

Jy mik vandag vir die Goo-Moremi Resort naby Palapye. Indien jy uit Gauteng ry, is dit maklik om binne ’n dag tot hier te vorder – uit ander provinsies verder suid moet jy nog ’n dag of twee se rytyd byreken.

Hoewel die laaste paar kilometer na die Goo-Moremi Resort ’n sanderige paadjie is, is dit maklik om te ry. Die teerpad stop in die dorpie Moremi waarvandaa­n jy reeds die Tswapong-heuwel sal sien. Goo-Moremi Resort se kampterrre­in en netjiese chalets lê net duskant hierdie misterieus­e berg – die ravyn self is heilige grond vir die mense hier, daarom is swem verbode in die poele wat jy teëkom.

Afhangende van hoeveel tyd jy het, kan jy voordat jy na Goo-Moremi ry, eers by Ou Palapye inloer. Ou Palapye was van 1889 tot 1902 die setel van die Khama-familie se Bamangwato-stam. Hier kan jy die ruïne van die Londense sendingker­k (foto regs) sien, asook ander punte van belang soos die 42 enorme makoshobom­e. Indien jy dié plekke wil besoek, met jy eers by die kaptein se kantoortji­e in Malaka gaan inteken.

Sorg dat jou tent voor donker staan: Die netjiese braaiplek sal vroeg begin roep vir daai tjops en wors wat jy by die Bosveld Meat Market ( 00 267 492 1722) in Palapye gekoop het. (Onthou: jy mag nie jou eie vleis Botswana toe neem nie!)

E27.29268

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa