Weg!

KHAMA RHINO SANCTUARY NA TIAAN’S CAMP (379 KM)

-

Vandag ry jy ver, maar die pad is rustig. Moenie jaag nie: Spoedlokva­lle kan jou vakansie vroeg begin briek, en jy moet gedurig op die uitkyk wees vir donkies, beeste en ander diere wat loop waar hulle wil.

In die myndorp Letlhakane kan jy aftrek vir brandstof – die nabygeleë Orapa is nog ’n geslote diamantmyn­dorp en jy kan nie net daar inry nie.

Na die sanderige bosveld van Khama Rhino Sanctuary raak die landskap nou meer oop – jy ry byna op die suidelike “oewer” van die uitgestrek­te Makgadikga­dipanne.

Teen die tyd dat jy Mopipi bereik, sien jy suid van die pad die Xaumeer – die Botetirivi­er loop hier dood. Indien jy bakkie ry, kan jy afdraai na die Xaumeer en gaan kyk hoe dit van naby lyk. Wanneer die meer water het, is hier soms honderde pelikane en flaminke.

Deur langs die Boteti te kamp sien jy die natuur en haar siklusse in aksie. Wilde diere volg weiding en water – soms sien jy hulle hier, ander kere nie. Jy kry ook ’n gevoel vir hoe die mense ’n bestaan maak uit die rivier, hoe dit groot kuddes beeste help onderhou.

Klop aan by Tiaan’s Camp aan die buitewyke van Xhumaga. Dit lê net oorkant die rivier van die Makagadikg­adi- nasionale park. Tiaan’s Camp is jou wegspringp­unt: hoewel jy die park net met ’n 4x4 kan besoek, bied Tiaan-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa